VROEGMIDDAG TOT AAND, SONSONDERGANG EN STERRE met Afrikaanse Musiek deur Steve Hofmeyr, Liezel Pieters en Ampie du Preez

Op 28 Maart 2026 nooi ons jou weer na Op die Plaas vir ’n onvergeetlike musiekfees – hierdie keer groter en beter, met drie ikoniese kunstenaars op een verhoog.

Die hekke open vroegmiddag en die dag begin rustig met vermaak vir kinders, heerlike kosstalletjies en ’n vol kroeg op die plaasland by Plaas Steenbokpan. Soos die son sak en die opwinding saam met hom groei, neem Steve Hofmeyr, Liezel Pieters en Ampie du Preez die verhoog oor en laat hul ikoniese stemme die bosveld eggo.

Onder die oop sterrenag, met vellies in die stof, musiek in die hart en bosveldvuurtjies wat knetter, word daar gesing, gedans en saam gekuier tot laat.

Kom ontsnap plaas toe, skop die skoene uit, en sing saam met ons by Op die Plaas – waar musiek, mense en die bosveld een word.

Kom maak dit ‘n onvergeetlike aand onder die sterre!

Bookings

Kaartjies

Ticket Type Price Spaces
Volwasse
per persoon
R200.00
Pensionaris
per persoon
R100.00
Kinders onder 12 - gratis R0.00
"Tailgate" voertuig spasie
*Slegs voertuigspasie. Dit sluit nie die kaartjies in vir insittendes nie.
R500.00
VIP Tafel
6 gaste per tafel
R2,000.00
Voertuigregistrasie fooi vir "Time Trail" & "Bakkie Drags"
*slegs voertuigregistrasie vir die byeenkoms. Sluit nie toegang in vir die musiekfees nie.
R150.00
Koelboksfooi
Per koelboks
R200.00

Kaartjies Inligting

Kaartjies Opsomming

Kies tenminste een kaartjie om voort te gaan...